Loreley-Russisch.
( Melodie: Friedrich Silcher, 1838 Tekst: PF van Oosten De Boer, 2004 )


Se vir my hoekom's ek so droewig
hoekom my hart is so swaar?n Sprokie van lank al geleë
stel sielsrus vir my in gevaar.
Die lug is nou koel, dit word donker
en stadig vloei daar die Rijn;
die berge se toppe gaan vonkel
in aandlig se laaste skyn.

Ons sien daar ‘n wondermooi meisie
wat sit op ‘n magtige klip
sy kam haar fyngoue hare
wat skitter van wortel tot tip.
Sy sing daarby saggies ’n liedjie
Met woorde vol poësie
Dié sang is ’n ware temptasie
So wonderlik van melodien Skipper in sy nietige skippie
Bevange deur ‘n vreemde verdriet
hy ag nie die skerpe rif nie
hy kyk óp en hoor net dit lied.k Es bang dat die golwe verswelg sal
die hulpeloos luist’rende man
Die wonderlik singende Lorelei
alleenlik is skuldig daaran.